Net landbou kan die land bou

Vinnige Donasie met Kaart

Droogtehulp met Burre Burger is ‘n nie-winsgewende organisasie wat Boere in droogte geteisterde gebiede ondersteun.

Die NWO is gestig op 6 Maart 2017 toe Burre Burger die eerste vrag afgelewer het op Calvinia.

Hierdie eerste vrag was die begin van Droogtehulp soos ons hom vandag ken en vertrou.

Ons bystand tot dusver

Rand waarde

R 399000000 +

Vragte

3566 +

Diesel

3999000 +

Kilometers

4400000 +

Skool bystand

38 +

Ons verstaan

Ons glo wanneer jy n boer op sy naam groet, sy storie luister, sy hand skud en met hom tyd spandeer, is al manier om werklik te identifiseer wat hy benodig.

Dis hoekom ons organisasie nie net voer aflewer nie, maar ook hulp verskaf met finansiële probleme. Ons help boer kinders se studies en skoolgelde betaal.

Ons probeer vermaak verskaf en hoop te skenk ook. Elke uitreik word persoonlik benader, sodat ons kan verseker ons boere kan nog n dag oorleef in die droogte wat hy nie gekies het nie.

Ons waardes

SPANWERK

Ons is niks sonder ons span nie. Droogtehulp is afhanklik van lojale ondersteuners, maar ook n span individuele wat n hart vir n boer het.

DIVERSITEIT

Ons ondersteun boere, ongeag van jou ras, geslag of politieke voorkeur. Ons glo ons boere is die hartklop van ons land se mense.

INTEGRITEIT

Ons wil ons boere ondersteun met morele en etiese waardes. Ons belowe om altyd eerlik en opreg te wees vir ons boere.

PASSIE

Droogtehulp is nie n oornag of tydelike projek nie. Ons sal boere ondersteun solank soos hulle hulp benodig en solank soos ons kan.

TOEWYDING

Ons is lief vir ons boere, en het n passie om hulle te help. Sonder passie is geen projek regtig die moeite werd nie.

Laat dit pomp vir die boere

Ekstra tree

Droogtehulp se primere fokus is wel om te fokus op die grootste nood in hierdie areas. Voer en basiese benodighede word dus op n gereelde basis na verskeie gebiede geneem.

Ons glo egter ook dat ons af en toe n ekstra tree moet vat om hierdie boere te help. Ons ondersteun deur rolstoele te verskaf aan bejaarde boere. Ons help met mediese bystand vir ons boere. So ook verskeie ander benodighede.

Daai ekstra tree is wat ons anders maak as meeste organisasies daar buite. Ons luister en gee om, en gee dan daai ekstra tree.

Kliek hier vir ons donasie en skenking opsies